


BEESSTOWE VLEIS MET GROENTE EN KAAS OP SLAP DEGIE
Resep eb foto’s: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
Slap degie:
In 250 ml maatkoppie plaas ¼ koppie olie, 1 eier en paar druppel asyn daarin en maak vol tot by 250 ml merk met melk.
Sif 1 koppie meel met 1 teelepel bakpoeier en knippie sout en meng die nat bestanddele goed in die meelmengsel in.
Dit sal ‘n baie slap degie wees. Skep die degie in ‘n gesmeerde oondvaste bak (ongeveer 2 liter inhoud) en skep enige gaar koue oorskiet vleis, groente, geblikte vleis soos boelie bief of vis bo-op, sprinkle met ‘n koppie gerasperde Cheddar kaas en bak by 200 ºC vir 20-25min.
2de Foto: Elsabie Templeton
1 ste foto variasie: Elsabie Templeton
Left over braaivleis turned into delicious savoury tart with boerewors, red pepper and grated baby marrow and covered in cheddar cheese. The oil in the batter makes for a nice crusty bottom on the bake. I originally made this batter with bully beef & tomato/onion mix but have since experimented with a lot more toppings. A quick and easy meal.
Ek het die degie dubbel aangemaak en gerookte paprika, gedroogde rissie vlokkies bygesit. Bo-op die degie het ek die koue oorskiet wors in stukkies gesny, 2 rou murgpampoentjies oor gerasper en 1 rooi pepper in klein blokkies opgesny en opgesit. Toe 2 koppies grof gerasperde cheddar kaas oor gesprinkel en in die oond vir 35 min omdat die deeg meer is as oorspronklike resep.







Geskuif