


WILLEM SE MELKTERT
Lekker korslose melktert vir sondagoggend tee gebak. Niks hoef vooraf gekook te word in die resep nie.
Dis voorwaar maklik en HEERLIK!!!
Vir ‘n oondpan soos op die foto kan die resep net verdubbel word. Ek het d baktyd na n uur vermeerder en temp op 170 gesit om te verseker dat hy eweredig faar word. Hou maar net dop oonde verskil almal.
4 eiers
1 koppie suiker
Klits saam vir 3 min tot lig en donsig.
Voeg by eiermengsel:
1 liter melk
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1 ml sout
5 ml vanilla
1 ml amandel essence
Klits alles baie goed saam. Die mengsel is baie loperig moenie skrik nie.
Bak 45 min by 180 ºC
Die tert is gereed as hy bruin is en nog n effense dril het as hy geskud word.
Sprinkel met kaneel en bedien.
FOTOP EN RESEP: Willem Bierman

Ek het nie amandel essense gebruik nie.
Ek het 3 eetlepels margarien gesmelt en saam met die eiers en suiker geklits.
Dubbeld aangemaak en in ‘n groot diep pan ‘n uur en 1/2 gebak.
Foto: Ronell Muller Boshoff







geskuif