

GIDEON SE SAGOPOEDING
1 koppie sago
1 liter melk
1 eetlepel botter
3 – 4 eetlepels geel suiker
½ koppie warm water
2 eiers
½ teelepel vanilla geursel
Week die sago vir ‘n ruk in die melk, hou 125 ml melk uit. (½ koppie)
Smelt die botter en die suiker saam in ‘n kastrol en roer die ½ koppie warmwater by en laat 1 min prut.
Roer die sago en die melk by en laat prut tot die sago deurskynend is op lae hitte, roer telkens sodat die sago nie vasbrand nie.
Klits die eiers se gele in die ½ koppie melk.
Roer dit by die sagomengsel en roer aanhoudend tot die geel gaar is, die mengsel moenie weer kook nie. Meng die vanilla by.
Laat effens afkoel en vou die styfgeklitste witte van die eiers in.
Skep uit in opdienbak en laat afkoel tot kamertemperatuur.
Sit voor met vla.
Nota:
Indien verkies kan die poeding in die oond gebak word by 180ºC tot ‘n mooi bruin kleur, nie te lank.
Foto en resep: Gideon Louw






