


WIAN SE SKAAPBOUD IN DIE WEBER
1 Skaapboud
250g Bees bacon (kan ander bacon ook gebruik)
Braai rub (tuisgemaak of gekoop, maar enige een met bietjie bruinsuiker in werk goed)
Groente (wortels, aartappels, patats, butternut, uie werk lekker)
Ontbeen die skaapboud. Ek sny maar net langs die been af en maak ‘n paar snye in die dikker stukke vleis.
Gooi ruim braai rub aan die binnekant en pak dan die bacon op. Vars kruie kan ook aan die binnekant gesit word. Rol die boud weer toe. Ek rol die boud dat dit ‘n bietjie langer is, so draai die boud effens. Bind vas met tou. Gooi ruim braai rub oor die boud en sit in yskas vir so 12uur.
Maak vuur in die Weber en gebruik die indirekte hitte metode (vuur aan die kante en nie direk onder die vleis nie). Sny die groente in groot stukke, los die skil aan. Sit groente in ‘n bakkie/s wat onder die vleis kan staan. Sit vleis op rooster en maak Weber toe. Ek kyk na so 45min en draai dan die boud om. Een wenk wat ek kan gee is om eerder die vleis langer in te los as om dit medium gaar te maak. Die buitekant kan maar so bietjie karameliseer, dan is dit die lekkerste. Na so 2 ure sal die vleis reg wees en lekker sag (en nog sappig).
Bron en foto: Wian Swart






