


MILKSTOUT BROWNIES
Oulike idee, nou die dag op “kom ons braai” gesien 1 van die deelnemers maak hierdie “Milkstout brownies”. HEERLIK !!
Neem ‘n pakkie Ina Paarman sjokolade bruintjies en maak dit aan volgens die aanwysings op die boksie, maar vervang die melk met “Milkstout” bier.
Skep die beslag in klein voorbereide potjies met deksels en plaas dit bedek op ‘n medium vuur tot gaar.
Ek het dit met roomys bedien.
Resep getoets en foto: Benhet Nieuwenhuis







Done