LORAINE SE MAKLIKE PRUTPOT BEESSTERT
2 beessterte
pak klein aartappeltjies
8 wortels
1 stingel seldery
2 groot uie
4 lourierblare
8 heel naeltjies
1 pakkie rich oxtail soppoeier
1 pakkie tamatiepuree
Metode:
Was sterte mooi skoon en voeg alles behalwe die soppoeier en tamatiepuree in die prutpot.
Ek gooi ‘n koppie water op. Laat kook vir so 5 tot 6 ure of tot stert sag is. Ek gooi alles dan oor in my swart pot of enige ander pot. Maak soppoeier aan met water, nie te veel nie want dit moet ‘n dik sous vorm, gooi puree by en gooi oor vleis. Gooi sout en peper na smaak en bedien met rys of stampmielies.
Bron en foto: Loraine Peyper Viljoen