5 EILANDE NAGEREG
1 blik kondensmelk
70 ml suurlemoensap
Klits kondensmelk en suurlemoen tot dit begin verdik.
6 skuimpies
6 Boudior beskuitjies in kwarte gebreuk (vandag boudior vingers vervang met ‘n ander gewone koekie)
6 – 10 pienk malvalekkers, opgesny
In ‘n groot glasbak pak eilande soos volg- pak die skuimpies wat in stukke gebreuk is op die boom van die bak, pak die beskuitjies en daarna die malvalekkers. Wanneer al die bestanddele in lae gepak is, giet die kondensmelkmengsel oor. Laastens krummel ‘n skuimpie en ‘n koekie en strooi bo-oor. Laat die tert oornag rus in die yskas. Bedien met vanilla roomys.
Nota: Om die malvalekkers te sny – doop ‘n skêr in kookwater elke keer voordat jy die malvalekker sny, op die manier kan jy heerlike dun skyfies sny sonder dat die skêr taai word.
Foto en resep: Tessie Pretorius