



LAMSBREDIE POT
Hierdie lams stew pot prut in my oond vir more.
1.5 kg lams pot vleis
2 uie in ringe gesny
1 kg gemengde groente
250 g sampioene
Sous
750 ml droë rooiwyn
1 x 410 g blik gekapte tamaties
10 ml knoffel
10 ml suiker (ek het dit nie bygevoeg nie)
10 ml gedroogte origanum
10 ml gedroogte basilliekruid
5 ml suurlemoenpeper
15 ml aromat
5 ml knoffelsout
Sap van ‘n halwe suurtemoen
Geur die meel sout, peper. Rol lamskenkels daarin. Verbruin die skenkels oor matige hitte voeg uie by en braai dit tot sag. Voeg brandewyn tydens die braai proses by.
Gooi skenkels en uie en ‘n casserol.
Meng die bestanddele vir die sous saam en bedek skenkels. Ek het dit oornag in die oond stadig laat prut teen 70°C. Voeg 1 kg gemengde groente by en prut vir uur of tot groente sag maar nog ferm is. Sampioene kan in die tyd ook bygevoeg word. Bedien met koeskoes of stysel van jou keuse.
RESEP EN FOTO: Elna Erasmus






