


HEERLIKE KLAM LEMOENKOEK
Resep geplaas deur Lorna Haasbroek Els
Foto: Ronel Muller Thoma en Lorna Haasbroek Els
FOOD LOVERS RECIPES
Maak sommer in broodjie pan. Stroop bo-oor gesit. Ruik heerlik!
3 eiers, geklits
1 koppie suiker
1 ½ koppie meel
1 ½ teelepel bakpoeier
180 ml melk
sout
45 ml margarien
Voeg suiker by eiers en klits goed.
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Meng met eiers.
Kook melk en margarien saam.
Roer in meelmengsel.
Bak 20 – 30 min 180°C.
Laat bietjie afkoel, prik en gooi sous oor.
SOUS:
1 ½ koppie suiker
1 koppie water
45 ml margarien
Kook 5 min, haal af en voeg 1 koppie lemoensap en 45 ml lemoenskil by. Gooi oor die koek.
VERSIERING: Klits room styf en smeer oor koek.






