



KONDENSMELKTERT IN DIE MIKROGOLF
Eerste foto: Meisie van der Colff
2de en 3de foto: Annelore von Solms Joubert
FOOD LOVERS RECIPES
Lewer 1 groot melktert.
Moenie die eierwitte te styf klits nie, want dan kry jy dit nie glad ingevou nie.
en sit jy met ‘n vulsel vol eierwitklontjes wat jy nie fyn kry nie, selfs al klits jy die vulsel.
1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies
1 blik (397 g) kondensmelk
500 ml kookwater (2 kondensmelk blikkies)
500 ml melk
20 g (25 ml) margarien of botter
100 ml mielieblom (Maizina)
50 ml vlapoeier
knypie sout
4 eiers
5 ml vanilla geursel
kaneel
Bedek die boom en wand van ‘n vlak, reghoekige tertbak van 30 x 23 cm met die Tennisbeskuitjies.
Mikrogolf die kondensmelk, water en 250 ml van die melk en die margarien of botter 10 min tot 12 min in ‘n diep 3.5 liter bak by 100% krag tot kookpunt en roer dit af en toe.
Maak die mielieblom, vlapoeier en sout aan met die oorblywende 250 ml melk. Skei die 4 eiers en klits die geel by die mielieblommengsel en die vanilla geursel. Klits hierdie mengsel nou vinnig by die kokende kondensmelkmengsel. Mikrogolf dit ongeveer 5 min oop by 100% krag tot gaar en roer elke minuut (gebruik sommer ‘n whisk).
Klits die eierwit tot styf, maar nie droog nie. Vou dit by die warm vulsel in. Giet die vulsel oor die beskuitjies in die bak en maak gelyk. Sif kaneel oor en laat afkoel.
Nota: Annelore von Solms Joubert
Dit het mooi stewig uitgekom. Ek is tevrede. Het my Ouma se koekiedrukker kleintjies uitgedruk.







done