

ILZE SE REENBOOG KOEK
My dogter se verjaarsdag koek
Vanielje Sponskoek:
250 ml melk
200 gm botter
500 ml suiker
4 eiers
5 ml vanielje geursel
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
Kook botter en melk saam. Klits eiers en voeg die suiker by. Klits tot lig en skuimerig. Sif die droë bestanddele saam en vou dan liggies by die eiermengsel. Voeg die kookmelk mengsel by en meng. Verdeel deeg eweredig en kleur afsonderlik (die gel-tipe kleursel werk goed). Ek het 6 bakkies geneem en met koppie die beslag tussen die 6 verdeel en daarna elkeen afsonderlik gekleur.
Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 15-20 minute. Ek het net 3 panne (8 inch) gehad so terwyl 3 gebak het, het ek die ander 3 bakkies beslag in die yskas gehou. Keer die 3 gebakte lae uit, was panne en herhaal die proses.
Ek het die beslag 1 en halwe keer aangemaak om 6 lae uit te kry.
Botter versiersel:
250 g botter
500 ml versiersuiker
5 ml vanielje geursel
25 ml melk
Verroom die botter tot lig. Voeg die versiersuiker bietjies gewys by en klits goed na elke byvoeging. Voeg die vanielje en melk by en meng goed deur. Ek het die versiersel ook dubbel aangemaak. Die 1 mengsel wit gehou en die ander mengsel ook in bakkies verdeel en afsonderlik gekleur. Die wit gebruik tussen in die lae en baie dun lagie rondom die koek. Met die kleure toe die versiering gedoen.
Foto en Resep: Ilze Botha






