

HOENDER LASAGNE MET AARTAPPELS
Bron: Petré Van Jaarsveld
Foto: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
500 g hoender
1 groot ui, grof gekap
bietjie fyn naeltjies
sout en grof gemaalde swartpeper
¼ koppie BBQ sous
3 aartappels
500 ml witsous
Kook tot gaar. Pluis die hoender en meng met 1 koppie sous wat in die pot is, asook die BBQ sous.
Skil die aartappels, sny in plat skywe en kook 10 minute in sout water.
Maak die witsous, voeg ‘n bietjie fyn neutmuskaat en ‘n knippie rooi peper by.
Giet ‘n bietjie van die witsous onder in ‘n vuurvaste bak.
Pak ‘n laag aartappels en skep die hoender bo-oor dit.
Giet helfte van witsous oor die hoender en pak dan weer ‘n laag aartappels.
Giet res van witsous bo-oor en rasper kaas oor.
Bak 30 tot 40 minute in oond teen 180°C.






