


GESTOOFDE WILDSVLEIS VIR PASTEIE
2-3 kg wildsvleis met bene aan*
3 groot uie
vars gekneusde knoffel
sout en peper na smaak
1 liter kookwater
2 koppies goeie rooiwyn (as jy dit nie sal drink nie moenie met dit kook nie)
Arabiese kruie en spesery mengsel
fyn koljander
fyn naeltjies
Braai die vleis stukke in ‘n groot swart platboompot tot mooi verbruin (jy gaan dit in sarsies moet doen as dit baie vleis is).
Skep die gebraaidevleis in die stoompot en hou eenkant.
Giet kookwater in die swartboompot en skraap al die bruin stukkies van die bodem af.
Giet die water alles oor die vleis in die stoompot.
Voeg nou die kruie, speserye en res van die bestanddele na smaak by.
Stoom vleismengsel vir ten minste ‘n 1.5 uur of tot die vleis van die bene afval.
As die vloeistof baie lyk laat dit afkook sonder die deksel tot dit heelwat minder is, want jy wil nie te veel sous hê, maar ook nie dit weggooi nie, want al die geur is daarin.
Ek het my stoompot op die gas hob laat kook vir ten minste nog 25 min om die sous die regte dikte te kry.
Plaas al die vleis en sous in ‘n groot plat bak sodat jy al die beentjies en senings kan uithaal.
Onthou om die murg uit die bene te druk (ek vind ‘n “chopstick” werk baie goed vir dit).
Indien daar nog groterige stukkies vleis is, sny dit kleiner. Laat die fynvleismengsel afkoel tot yskoud.
Maak intussen jou deeg en laat dit ook afkoel as jy gaan pasteie maak.
Hierdie fynvleis kan saam met pasta bedien word of kan gevries word vir later gebruik, alhoewel ek nie enige kruie of speserye byvoeg wanneer ek vleis spesifiek regmaak vir die vrieskas.
Nota:
*Ek het vandag ‘n pakkie vark kookvleis bygevoeg omdat die wildsvleis geneig is om droog te wees. Jy kan ook streepspek byvoeg.
Gister se ekstra wildsvleis het vanaand pastei geword met ‘n slapdeeg bo-oor, bedien saam met lemoen wortels en boere groenboontjies. Ek het die slapdeegresep gebruik op die skakel.
Skakel na die slapdeeg resep: https://www.foodloversrecipes.com/2015/02/elsabie-se-slap-degie-tert/
Resep en foto: Elsabie Templeton







Done en geskuif