

DELENE SE KOOLBLAAR ROLLETJIES
Voorbereiding
2 kleinerige koolkoppe( Groot kool koppe se blare en nerwe is baie hard).
Sny binneste gedeelte van kool (stronk ) uit om Holte te vorm. In n groot pot kook water. Plaas kool in hol kant onder. Draai na om en by 10 min om ( moenie vurk gebruik en blare breek nie. Ek gebruik houtlepels. Na nog paar minute sal boonste laag blare begin los kom. Haal af en uit met n tangetjie. Plaas al die blare op skinkbord ( ek gebruik Groot skinkbord anders ruik als na kool). Sodra al die kool gedoen is en af gekoel het sny die middelste harde “rib” uit( hou alle gedeeltes wat af en uit gesny is om swaarboom pot se boom te bedek. Dit keer dat rolletjies brand . Groot blare kan in kwarte gesny word. Als gedoen.. meng die maalvleis mengsel.
+/- 800g vetterige beesvleis of skaapmaalvleis ( my slagter ontbeen n skaapboud vir my en maal dan saam met vleis van die maagvet van die skaap) te maer vleis maak n harde kompakte rolletjie. Bees maalvleis werk net so goed.
4-5 toontjies knoffel
2 tlp sout
1 tlp wit peper
In n vysel of klein bakkie(ramekin) stamp knoffel sout en peper saam tot fyn. Voeg by sap van 2 kleinerige suurlemoene.
1 kp bonett rys( die rys kook vinnig sag)
1 blik tamatie puree
1 groot sakkie tamatie pasta of 2 blikkies.
Meng als met maalvleis.
Die rolletjies word soos n sigaar op gerol.
Plaas bo op afval stukkies overlapping en styf gepak. Sprinkel kruisement(mint) tussen lae.
Moet nie pot te vol maak nie. ( Ek line my gasstoof bo met foelie. Maak net makliker skoon)
Vul met water ,om en by 2 kp. Net totdat water begin wys tussen rolletjies. Maak toe en kook stadig. Waneer water weg. Weer selfde hoeveelheid water, maak weer mengsel van knoffel sout peper en suurlemoensap en gooi oor bo kant van rolletjies. Deksel stoom stadig.
Waneer gaar smelt kool in mond so sag is dit sonder dat rolletjie soggy is.
Ek maak oor kersfees 2kg vleis-4 kole dit is vir n ete maar teen tyd wat dit afgekoel is vir yskas is dit helfte minder as toe ons klaar ge eet het. Kinders kan nie ophou eet nie.
Dit vries baie goed.
Vra gerus indien hulp nodig het
Ek dra latex handskoene omdat suurlemoensap, tamatie puree en vleissappe my hande brand.
Bron en Foto: Delene Breytenbach






