

TESSIE SE GRONDBOONBOTTER KOEKIES
Maak ongeveer 60 koekies
1 koppie grondboonbotter
1 koppie suiker
1 koppie hawermout
1 koppie klapper
3 koppies koekmeel
(Ekstra half koppie meel indien mengsel te nat is – grondboonbotter maak ‘n verskil )
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel koeksoda
(2 eetlepels melk/los koeksoda daarin op)
2 eiers
Meng alles saam tot stywe hanteerbare beslag – laat rus beslag 30 min in yskas, maak rolle, sny koekies en druk plat.
Bak 10 tot 15 min in oond van 180°C.
(Soet tand mense kan meer suiker byvoeg – ek het die resep gedoen as ‘n gesondheids-eetding)
Bron en Foto: Tessie Pretorius






