TESSIE SE GIS BROODJIE
Oond 180 grade C – bak 15-20 min op middel rak van oond.
1 sakkie 10 gr anchor kits gis
3 koppies koekmeel
1 koppie Bruismeel
1/4 koppie lou water (vir gis mengsel)
1 koppie lou water
1eier
2 eetlepels kookolie
1/4 koppie suiker
Halwe teelepel sout
Meng kitsgis met n eetlepel of 2 koekmeel ,eetlepel suiker add 1/4 koppie lou water … dit aktiveer die gis om te groei.
Sif koekmeel ,Bruismeel en sout in knie bak
In verwerker klits die eier,suiker, olie en Koppie lou water . Meng dan een koppie van meel mengsel by … (lyk soos pannekoek beslag )
Voeg kits gis in mengsel
Voeg nat mengsel by die Meel..
Werk met slaplem mes tot deeg kniebaar is . Knie tot eweredige deeg . Olie die bol deeg bedek met plastiek laat rys tot deeg verdubbel het . Knie af, maak bolle of soos myne sny ek vierkante met n deeg snyer. Laat weer rus tot amper dubbel in grote . Bak 15 – 20 min by 180 grade C. Halftyd van baktyd smeer ek bietjie melk oor waarin n teelepel suiker opgelos is (dit maak gebak mooi bruin)
Bren en Foto: Tessie Pretorius