

TESSIE SE KATALANA CREMA
3/4 koppie suiker
4 eier gele
2 eetlepels maizena
2 koppies melk
1 teelepel gerasperde suurlemoen skil
Kaneelstokkie as jy van die smaak van kaneel hou
Ekstra suiker om oor te strooi
klits in n medium groot pot eier gele en suiker tot lig en romerig
Meng maizena met 1 teelepel suiker en n bietjie van die melk tot dit glad is en voeg by res van melk – Voeg melk by eier mengsel (asook kaneelstokkie )
Voeg suurlemoenskil by en verhit oor stadige hitte tot creme verdik .roer heeltyd tydens gaar word proses. Verwyder kaneel stokkie en giet in bakkies (mengsel is genoeg vir 4 porsies) laat afkoel strooi suiker oor en smelt suiker onder oond ‘grill’ tot mooi goud bruin (of gebruik n brander) met my eerste probeer het al die suiker nie gesmelt … dalk te veel suiker gewees . Maar dit proe heerlik – die harde karamel laag met die room creme onder
Bron en Foto: Tessie Pretorius






