

TESSIE SE FRIKKADELLE OF PATTIES
Bestandele:
800 gram goeie gehalte maalvleis (moet bietjie vet inhe)
2 blokkies fyn gemaakte wheatbix
( dit help met binding van bolle)
2 groot wortels fyn gerasper
2 klein eiers
2 teelepels droë tiemie
2 teelepels pietersielie
2 teelepels droë knoffel flokkies
2 teelepels rooi peper ( dit brand nie as jou mengsels als in het )
2 teelepels fyn gemmer
Med ui fyn gekap
Metode:
Meng als baie goed saam laat rus 5-10 min vir binding om plaas te vind . Maak bolle met water nat hande dan klou vleismengsel nie aan jou hande . Bak in vlak olie tot mooi bruin aan al die kante . Voeg ekstra gekapte uie, tamatie en n half koppie water om sous te vorm sit op laagste plaat hitte en laat prut tot gaar – Verdik sous en bedien met rys, groente – veral kapok aartappels en slaai .
Bron :Tessie Pretorius






