



VRIES VAN TAMATIE EN UIESMOOR
Martie Roberts
Wil graag weet as ek tamatie en uie smoor maak kan ek dit in sakkies vries
Elaine Schoeman
Ja jy kan sorg dat dit afgekoel is, skep die hoeveelheid wat jy nodig gaan het in jou sakkies en knoop hulle toe
Rina Booysen
Ek het ook al so gemaak maar het probeer om dit te braai sodat die vog minder word. So het ek geslaag in sakkies.
Veronica Kern
Dit werk om dit in margarien bakkies te vries en as dit hard is dit uit die bakkie te haal en in n plastieksakkie te sit. So bly dit mooi vierkantig en pak lekker.
Nicolene Louw
Ek gebruik die zip lock sakkies. Werk vir my beter as die wat jy net toe knoop. En mens kan hulle was en weer gebruik.
Ingrid Meyer
I always put the plastic bag into a 500 ml jug and pour the smoor into that. I then twist and tie the bag. That way you also know more or less how much is in each bag.






