

SUURLEMOEN VREUGDE KOEK
Verhit oond vooraf 180°C.
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
3 eetlepels melk
(Los koeksoda in melk op)
½ koppie suiker
½ koppie kookolie
½ koppie mayonaise
1 koppie karingmelk
½ teelepel sout
3 teelepels gerasperde suurlemoen skil
3 eiers
1 pakkie suurlemoen jellie
5 ml suurlemoen geursel
Room suiker, eiers, mayonnaise saam, voeg kookolie, sout, gerasperde skil by. Voeg meel en bakpoeier bietjie vir bietjie by. Voeg opgeloste koeksoda melkmensel by. Vou nou 2 derdes van die jelliepoeier by mengsel in
Let wel (moenie te veel roer, vou in).
Bak tyd:
Verskil na gelang van tipe pan / oond.
Cupcakes – 15 min
Laagkoeke – 25 /30 min
Oond pan – 35 / 45 min (bazaarkoek)
Flan 20 min
Ring koek pan in mikrogolf oond 6.30 min op vol krag.
Laat koek rus/afkoel in pan. Keer uit en versier.
Versier room:
½ koppie botter/margerien
¼ koppie room
3 ml suurlemoen essens
2 tot 3 koppies versiersuiker (gesif)
2 teelepels gerasperde suurlemoen skil
Oorblywende jelliepoeier
Room botter, room en geursel saam tot lig en donserig voeg versiersuiker bietjie vir bietjie by -vou suurlemoenskil in en laastens vou oorblywende jelliepoeier in. Laat mengsel rus vir 30 min in yskas. Versier reeds afgekoelde koeke – met laagkoeke kan ‘n laag ‘lemon curd’ tussen lae gebruik word vir extra *zing* flan gaan ek vul met lemon curd en versier met geklopte room.
Bron en Foto: Tessie Pretorius







Tessie Pretorius
resep uiters suksevol… heerlik klam het nou versier en n snytjie van beide getoets