

SJOE SJOE BLATJANG
1 kg Sjoe-Sjoe geskil/grof gerasper
500 g uie fyngekap
1½ koppies asyn
1½ koppie witsuiker
30 ml maizena
15 ml matige kerriepoeier
7,5 ml borrie
7,5 ml sout
‘n paar rissies of peppadew (bell peppers brand ook nie veel nie)
*Kook gerasperde sjoe-sjoe tot sag en deurskynend in bietjie water. Sny of rasper uie fyn, giet kookwater oor en laat week vir 20min. Dreineer en herhaal. Voeg uie by sjoe-sjoe, voeg rissies by. Meng asyn, suiker, maizena, kerrie, borrie, en sout saam. Voeg by sjoe-sjoemengsel en kook alles goed deur. (Roer gereeld). Skep warm in bottels, en seël.
Vervang matige kerrie met “hot” kerrie, voeg ekstra rissies in vir ‘n bietjie byt. Die kleur verander dan na ligbruin.
Ns. Geniet dit saam met enige kos, eiers, hotdogs, hamburgers, vis…..
Resep en foto: Elrede de Jager






