SPONSKOEK OF KOLWYNTJIES
575 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
4 eiers geskei
125 ml kookolie
125 ml water
375 ml suiker
5 ml vanilla essense
Sif droë bestanddele saam. Sif droë bestanddele saam. Klits eiergele, suiker, vanilla, olie en water saam vir sowat 3 minute. Voeg droë bestanddele bietjie vir bietjie by. Klits eierwitte tot dit pieke vorm. As jy die klitser uittrek moet die pieke se punte omval anders is dit te droog. Vou die geklitste eierwitte versigtig by die meelmengsel in en skep twee derdes vol in jou kolwyntjie papiertjies. Bak by 180°C tot dit goudbruin begin raak en ‘n toetspen skoon uitkom. Pasop vir te droog bak. Los om goed af te koel voor dit versier word.
Bron: Barbara Swart