

KARIN SE ANYS BESKUIT
Maak drie klein panne beskuit
1 sakkie pers kits gis
2 eetlepels anys
1 blikkie kondens melk
½ koppie kookolie
1 teelepel sout
500 ml lou warm water
8 koppies koekmeel
(vir soeter beskuit kan jy ½ koppie suiker by lou water voeg)
Sif meel en sout saam hou eenkant.
Meng saam in ‘n 1 liter beker:
1 pk kitsgis
3 eetlepels suiker
3 eetlepels koekmeel
100 ml van die louwater
Roer goed en laat rus vir 5 of meer min totdat mengsel skuim as jy dit roer
Voeg res van louwater, kookolie en kondensmelk asook die anys by gis mengsel… laat rus weer 5 min.
Voeg by meelmengsel. Werk deur met ‘n slaplem mes – knie daarna goed ( voeg meel of bietjie water as deeg te nat of te droog is – knie todat bak en hande skoon is, geen deeg wat aan bak of hande vasit is ‘n teken dat jou knie genoeg was en deeg lekker elasties is)
Smeer deegbol bietjie olie en bedek met plastiek tot dit verdubbel het – knie deeg af, maak bolle, pak in panne, verf met melk en suiker mengsel (eetlepel suiker op ‘n kwart koppie melk)en laat weer rys tot verdubbel het .
Bak 1 uur lank in oond van 140 ºC .
As jy met kneukel op beskuit brode klop moet dit hol klink (ek verf my beskuit / brood na 45 min weer met melk mengsel om mooi blink bruin kleur te kry.
Laat afkoel in panne, keer uit, sny of breek beskuite, droog oornag in oond op laagste hitte stelling
heerlik – die reuk van vars gebakte anys is die huis vol (10 jaar oue anys)
Bron en foto: Tessie Pretorius







Geskuif