AMANDA SE OTJIE POTJIE
Hierdie was vanmiddag se otjie potjie – toe nog in wording – nou halfpad opgeëet!:
Potjie varkvleis gerol in mengsel van “sweet & Sour” souspakkie en so halwe koppie meel by.
Dan lekker bruin gebraai in vlak olie.
Alles teruggesit in pot, met 3 mini eisbeins.
Bietjie water bygevoeg en gaar geprut in oond.
Ek het heelwat later eers die aartappels, uie en toe ook wortels bygevoeg en hom net sy eie gang laat gaan in die oond.
Bedien saam met rys en lekker soet pampoen.
Resep en foto: Amanda Struwig