
LIENIE SE PEERSLAAI
Gister het my skoonsus vir ons die heerlikste peerslaai gemaak. Ek is so spyt ek het nie ‘n foto geneem, maar ek kan vir julle sê dit het pragtig gelyk en die geure is uit ‘n boek uit.
Jy benodig:
Baba spinasieblare
Vars ryp pere
Blikkie ingelegde lietsjies
Vars frambose
Koppie (ongeveer) plein joghurt
Koppie (ongeveer) Miracle Whip
Gekapte pekanneute (opsioneel)
Pak die skoongewaste spinasieblare uit op ‘n lekker groot plat bord.
Sny die pere in ronde skywe, sowat 5mm breed en pak ‘n laag daarvan op die spinasiebed.
Meng die joghurt en mayonnaise (gelyke dele) soveel as nodig.
Plaas dan ‘n laag van hierdie sous bo-oor sodat al die pere bedek is.
Versier met lietjies, vars frambose en neute.
Die soet van die lietjies en die suur van die frambose is ‘n smaak ontploffing in jou mond 🙂 !!
Resep: Lienie Struwig






