STADIGE GESTOOFDE BEESVLEIS KORT RIB
1kg beesvleis kort rib Heel nie in stukke gesny Nie
Sout en peper
2tl Roosmaryn
2tl Tiemie
2 Beesvleisaftreksel Blokkies
1 Ui
1 Liter water
Metode
Vat die bees kort rib en speserye met die sout en peper. Braai dit bruin aan elke kant in ‘n gietyster pot. Haal uit die pot en braai die uie in die vet van die vleis tot goudbruin. Sit die vleis terug in die pot en gooi die rosemary en tiemie in saam met die Beesvleisaftreksel blokkies aangemaak met water. Sit in die oond op 140 grade vir so 4 ure tot gaar en van die been afval
Geroosterde pampoen
Ek het Boer pampoen gevat en bietjie olyf olie met sout en peper gemeng en oor die pampoen gesmeer aan albei kante en in die oond gebak tot gaar
Bron en Foto: Juanite Vermeulen