

SOUS VIR SKAAPBOUD
250 ml sonneblomolie
125 ml asyn
10 ml sout
10 ml gerasperde ui
10 ml Worcestersous
10 ml tamatiesous
5 ml mosterdpoeier
1 knoffelhuisie gekneus
Meng alles saam en giet oor rou vleis in oondskottel. Sit deksel op en bak tot gaar. Bedruip vleis gereeld met sous.
Foto: Zoli Martin






