BRAAI PIE VANAF ABU DHABI
1 rol Puff pastry
3 verskillende kaas soorte
Spinasie blare
Spek
Uie
Sampioene
Knoffel
Eier om bo op te smeer
Speserye van jou keuse
Ons is net 3 mense so het een rol puff pastry in die helfte gesny. Spuit ‘n rooster met “no stick spray”.
Braai spek, uie, sampioene en knoffel saam. Maak seker dit braai droog. Gooi speserye van jou keuse by. Laat afkoel.
Sit pastry op gesmeerde rooster en begin jou lae pak. Eerste spinasie dan kaas gevolg met spekmengsel. Strooi weer jou kaas mengsel oor. Laaste nog ‘n laag spinasie. Plaas die ander gedeelte van die pastry bo-op. Knyp kante toe en smeer die hele pastei met eiermengsel bo-op spinasie ook. Pak nog ‘n laag spinasie bo-op vir afronding, smeer ook eier
Braai oor stadige kole tot pastei gaar is. Laat rus vir 10 min en geniet.
Foto enh resep: Malinda Kieser Geldenhuys