RINIE SE PAMPOENTERT
Vroulief het gistraant die pampoentert gemaak saam met ons slaaibraai (hoender)
2 koppies gaar pampoen, gedreineer
¾ koppie suiker
2 eetlepel gesmelte botter
2 eetlepel meel hoogvol
2 teelepel bakpoeier
2 eiers wit en geel, geskei
1 koppie melk (heel laaste )
Meng suiker en botter en voeg die eiergele by.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam en meng by die mengsel in.
Voeg die gaar pampoen by en meng deur.
Klits die eierwitte styf en vou in by die mengsel.
Sit laaste die melk by en meng.
Skep in voorbereide oondbak.
Besprinkel met kaneel en suiker voor bak.
Bak in matige oond op 180°C tot gestol en effens bruin.
Resep en foto: Gideon Louw
2de foto: patattert
geskuif met nuwe foto
Gideon Louw: Vanaand het ons saam met die braairibbetjie patattert gehad dit is presies dieselfde as die pampoentert maar in plek van die pampoen gebruik jy patat en dis djeeerlik