PYPSKOONMAKER
1 liter Whiskey
500 ml goeie gehalte heuning (as jy n sitrus een kan kry nog beter)
2 medium suurlemoene ( die geel een met die dik skil)
2 glas bottels om in te bottel
Metode en wag *ryp* word tyd is baie belangrik
Was suurlemoene met n kombuisborseltjie – sny /dice groote skil en pitte alles gaan in die pypskoonmaker – die alkohol ontrek die olies uit skil en aardse elemente uit die vrug en pitte
deel.
Gooi Whiskey in 2 bottels voeg 1 op gesnyde suurlemoen in elke bottel asook 250 ml heuning per bottel
Kurk en seel – produk mag nie geskud word
Vir sewe dae word bottels so vir 10 min 2x per dag onder voet gerol
Dosis – 1 kelkie per dag voor slaaptyd
Nota: volgens familie tradisie doen dit wat dit se… maak alle pype in die ‘lyf’ skoon – are derms urien buise ect – maar dit is n heerlike slaap soopie
Bron:Tessie Pretorius
Foto:Tessie Pretorius
Nota: Diè resep is tė kry op die blad “Boererate” waar hulle almal streng waarsku dat dit gebruik word OP EIE RISIKO. Laat mens dink…….
done