

LAMS PERI PERI POT
Braai 3 groot uie in bietjie olie tot sag, voeg 5 geskilde, opgekapte tamaties by die uie en braai tot tamaties lekker gaar is.
Gooi mespunt peri-peri, eetlepel medium kerriepoeier, 4 teelepels suiker en ‘n eetlepel Paco curry paste by die tamaties en uie en braai lekker.
Gooi so 3 koppies water op en sout na smaak. Sit so 9 of meer stukke lam nek en skenkels in die tamatie en uie en kook vir so 2 ure tot sag.
Voeg aartappels by ek kook tot amper sag, gooi water soos nodig dat dit nie brand nie. Maak seker daar is genoeg vloeistof op die kos, vleis en aartappels moet net toe wees on die water.
Gooi nou 2 tot 3 koppies rys bo oor en laat stadig prut in sous tot rys gaar is. Lekker eet!
FOT EN RESEP: Loraine Peyper Viljoen







Loraine Peyper Viljoen
Dit was regtig baie lekker. Die rys was so lekker souserig! Ek sal dit beslis weer maak