

LIPLEKKER PAPDIS MET GEEL MEEL
2 koppies mieliemeel
500 ml room
500 ml melk
2 blikke roommielies
1 teelepel sout
1 eetlepel suiker
2 teelepels bakpoeier
2 koppies gerasperde kaas
Meng alles saam met rou mieliemeel in gesmeerde bak.
Indien verkies, strooi nog kaas oor.
Bak 45 min by 190 ºC.
Bron: Annetjie le Roux van Coligny.






