


KYLE’S SWEET AND STICKY RIBS
½ koppie balsemiekasyn
½ koppie heuning
½ koppie ligte bruinsuiker, verpak
¼ koppie lae natrium sojasous
3 knoffelhuisies, fyn
gerookte paprika
Meng alles saam en smeer oor rib. Draai in kleefplastiek toe en los vir ‘n nag. Maak seker dat die marinade nie te veel is nie anders sal dit moeilik wees om in kleefplastiek te draai. Sit marinade wat oorbly eenkant vir die volgende dag.
Gebruik ‘n bak wat ‘n deksel het en bak in die oond vir 20 minute op 180°C. Terwyl dit in die oond is, neem die res van die marinade en verhit op stoof tot dit bietjie dikker raak. Wanneer rib gaar is. Gooi die marinade oor die rib en bak sonder ‘n dekstel tot lekker bruin. Hoop julle geniet dit.
Resep en Foto: Kyle Jensen







geskuif