


VANILLA EN SJOKOLADE SWIRL KAASKOEK
Resep en foto: Henriette Rossouw
FOOD LOVERS RECIPES
Vanilla en sjokolade swirl kaaskoek met n donker sjokolade hasie (koek vorm gebruik en ok gewerk) en mini paaseiers.
Koekie kors: tuisgebakte romany creams en botter gebruik maar enige koekie sal doen.
Vulsel:
3 eiers (geskei) en witte styf geklop
500 g houer mascerpone/maaskaas. (Of 250 g maaskaas 250 g yogurt of room)
¾ koppie strooisuiker
1 eetlepel gelatien opgelos in water
Vanilla extract of geursel
Donker sjokolade (slab)
Klits eiergele en suiker tot lig en romerig. Voeg maaskaas en vanilla by en klits gelatien in. Roer eierwitte in, skep in bak en hou so ½ koppie oor.
Klits gesmelte sjokolade in die ½ koppie mengsel wat jy uitgehou het in en skep bo-op die mengsel in die bak, maak ‘n ” swirl ” patroon.
Laat stol in die yskas en versier met sjokolade of vars vrugte.






