GRIEKSE VIS EN GROENTE GEBAK
Bestanddele:
750g Stokvis filette
1 koppie bruin rys
3 eetlepels olie
1 ui in skywe gesny
2 gekapte soetrissies
2 opgesnyde zucchinis
150g sampioenskyfies
1 fyngemaakte knoffeltoontjie
3 gekapte tamaties
10 ontpitte gekapte olywe
1 teelepel gedroogde oreganum
1 teelepel gedroogde basilkruid
Sout en peper na smaak
¼ koppie gekrummelde Fetakaas
¼ koppie broodkrummels
Metode
Berei die bruin rys voor soos op die houer voorgeskryf en skep dit in ‘n gesmeerde oondbak. Verhit die olie en braai die uie, groenrissies, zucchini, sampioene en knoffel totdat die uie sag is. Roer die tamaties, olywe, oreganum, basil, sout en peper by en kook vir ‘n paar minute tot die tamaties begin sag word. Plaas die vis filette bo-op die rys en skep die groentemengsel bo-oor. Sprinkel die kaas en broodkrummels oor en bak vir 30 minute , of tot die vis gaar is by 190ºC.
Bron en foto: Adam Cloete.