ITALIAANSE NAGEREG
Nog n resep ingestuur der Malinda Florence.
2 pakkies Vingerkoekies
1 pakkie Sjokolade kitspoeding
1 pakkie Karamel kitspoeding
1 pakkie Vanilla kitspoeding
Sjerrie
Room
Flake
Maak kitspoedings aan soos op pakkie.
Moenie laat koud word nie.
Pak laag vingerkoekies.
Sprinkel genoeg sjerrie oor.
Smeer sjokolade kitspoeding oor.
Weer koekies, sjerrie en dan karamel kitspoeding.
Weer koekies, sjerrie en dan vanilla kitspoeding.
Laat koud word.
Net voor opdiening, klits room styf en sit oor poeding en strooi die flake oor.
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder.
Bron. Liplekker.co.za – Nog n resep ingestuur der Malinda Florence.
Foto Lulu Terblanche
geskuif