


DIE BESTE SJOKOLADE BESKUITJIE KOEK
(Chocolate Biscuit Cake)
Hierdie is een van my gunsteling resepte. Ek weet daar is baie van die resepte op die internet maar hierdie een is die BESTE. Baie hier in Ierland het my al gesmeek om die resep te gee maar wou nooit dit deel nie want dis my eie resep wat ek oor die jare volmaak het. Dis die maklikste ding om te maak maar waar die geheim in kom, is in die mates en manier. Probeer dit en laat weet.
600 g Nuttikrust (Die beste is die wat hawer en klapper in het) ***
300 g 50% donker sjokolade
200 g melk sjokolade
350 g botter (nie margarien nie)***
100g goue stroop (sit blikkie of botteljie in warm water. Dis beter om mee te werk)***
Breek al die koekies ‘n bietjie kleiner en sit eenkant. In ‘n plastiek bak, voeg sjokolade, botter en goue stroop en plaas in mikrogolfoond. Stel dit vir 2 minutes op ‘n slag en meng dan elke keer as die tyd om is. Moenie bekommerd wees dat die sjokolade gaan brand nie, want die botter en stroop sal dit verhoed.
As alles gesmelt is, kry ‘n vierkantige bak en sit bakpapier in. Ek smeer gewoonlik ‘n bietjie botter aan die bak sodat die papier nie moet rond beweeg nie.
Gooi ¾ van die sjokolade mengel by die koekies en roer lekker goed deur. Plaas in vierkantige bak en druk lekker plat met ‘n aartappel drukker. Gooi dan die res van die sjokolade mengsel bo-oor en maak gelyk. Verkoel tot dit hard is and sny in stukke. As jy wil kan jy bietjie wit sjokolade smelt en bo-oor strooi met ‘n vurk vir ‘n mooi effek.
Bron en foto: Kyle Jensen







geskuif