


CHARLEEN SE DONUTS
1 koppie lou water
3 1/3 koppie koekmeel
1 eier
4 eetlepels botter
½ teelepels sout
1 ½ teelepels gis (yeast)
Los gis op in koppie lou water
Meng 2 koppies meel en res van bestanddele by gis en meng. Voeg laaste 1 1/3 koppie meel bietjie op ‘n slag by. Meng goed. Dis nie nodig om te knie nie. Maak net seker als is goed deurgemeng. Bedek en laat rys vir 2 ure. Rol deeg uit en druk doughnut vorms uit. Sit op n bakplaat wat waspapier op het. Bedek en laat weer rys vir uur en n half. Diepbraai in matige olie tot goudbruin en gaar. Kan versier word met gesmelte sjokolade, kaneelsuiker ensovoorts. Ek spuit kamma vla in die doNUTS. Druk die spuitpunt in die doughnut en spuit bietjie op n slag in.
Resep bron: Zonika Botha Smith
Kamma Vla
1 pakkie vanilla kitspoeding
200 ml melk
250 ml room
Meng bestanddele saam. Bêre in yskas tot benodig.
Resep bron: Carol-Lea Hulett
Foto: Charleen Nieuwenhuizen






