

GOUE VANILLA KOEK
2 koppies suiker
3 ¼ koppies meel
2 ½ teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
¾ koppie botter (168 g, sag maar nie gesmelt nie!)
1 ½ koppies melk
1 eetlepel vanilla
4 groot eiers
Maak seker die botter, melk en eiers is kamer temperatuur!
Verhit oond tot 180°C. Voer die bodem van 3 koekpannetjies (20 cm groot) met bakpapier uit, en botter die papier. Moenie die kante botter nie! (Jy kan ook 2 x 23 cm panne gebruik).
Plaas al die droë bestanddele in jou mengbak. Meng saam tot alles eweredig versprei is. Voeg die botter by en klits tot dit sanderig lyk.
Voeg die melk en vanilla by end klits vir 30 sekondes op lae spoed, en 30 sekondes op medium spoed. Skraap die bodem en kante van die bak.
Voeg een eier by en klits vir 30 sekondes op medium spoed. Skraap weer die bak.
Herhaal tot al 4 eiers bygevoeg is. Klits op medium-hoog vir 30 sekondes.
Gooi die beslag in die koekpannetjies en sprei dit eweredig uit.
Bak 30 – 35 minute (vir die 3- 20-cm panne) of 35 – 40 minute (vir 2- 23-cm panne).
Toets met ‘n tandestokkie om seker te maak dis heeltemal gaar.
Haal uit die oond en verkoel vir 5 minute. Maak kante met ‘n mes los en keer uit op draadrakke.
Verkoel heeltemal voordat jy dit versier.
Foto: Debbie Edwards
Resep geplaas deur Debbie Edwards







geskuif