CHOCCHINO KOEKIES
5 koppies koekmeel
25 ml bakpoeier
30 ml sterk koffiepoeier
5 ml cuppachino geursel
3 eiers
250 g botter/margarine
2 ml sout
500 ml bruinsuiker
1 koppie chocolate chips
Verroom botter en suiker. Voeg eiers, koffiepoeier en cuppachino geursel by en meng goed, voeg die chocolate chips by. Sif droë bestanddele saam en voeg by bottermengsel. Knie goed deur. Maak bolletjies en bak by 180°C op gesmeerde bakplate.
Resep is aangepas van die basiese koekiedeeg wat gister op die blad geplaas is.
Resep en foto: Barbara Swart
2de foto: Koos Calitz
One thought on “CHOCCHINO KOEKIES”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
geskuif