


TESSIE SE PASTA EN KAAS
(Ek het 5 etes verpak van ongeveer 300 g elk)
250 g rou pasta
2 medium tamaties, in skywe gesny
½ ui, fyn gekerf
300 – 400 g cheddar kaas, gerasper
Kook tot “al dente” stadium (m.a.w. gaar, maar nie pap). Gooi water af en roer so 2 eetlepels botter/margarien deur pasta sodat dit nie aan mekaar klou terwyl dit afkoel.
Kaassous:
1 koppie melk
½ teelepel sout
1 knoffelhuisie, fyngekap
swartpeper na smaak
pietersielie
2 eetlepel botter
Verhit melk tot lekker warm
Meng 2 teelepels koekmeel in ‘n kwart koppie water, meng goed – voeg by melkmengsel. Roer terwyl jy dit verhit tot kookpunt. Sodra sous verdik haal van hitte af
– dis gaar genoeg, voeg so 100 g van die gerasperde kaas by roer deur en laat afkoel tot bloed hitte (moet jou nie meer brand nie, net warm) klits nou 6 eiers een een by. Voeg gekapte ui by pasta en daarna die kaassous en eiermengsel. Gooi in oondvaste bak, sit ‘n laag tamatie skywe bo-op. Gooi sout na smaak. Bedek met gerasperde kaas en bak. Baktyd verskil van bak grootte en oond, +/- 35 minute by 180°C. Druk ‘n vurk in middel trek die pasta weg kyk of dit amper droog is – ek persoonlik hou nie van ‘n te droë pasta nie.
Resep en foto: Tessie Pretorius

Ronell Muller Boshoff – my eie weergawe van Tessie se pasta en kaas gebak. Ek het ‘n pakkie spek fyn geknip en ‘n ui fyn gesny en gebraai met knoffel. Ek het dit in ‘n oondbak gemaak. Môre eet ons die res met gebakte brood en groenslaai.







Middag eks nou besig met die pasta. Wat beteken laat afkoel tot bloed hitte ??
Laat dit afkoel tot die temperatuur van bloed, maw dit kan nog warm wees maar moet jou nie meer brand nie.