FRIEDA SE PIZZA OP DIE KOLE
Probeer ek toe n Pan Pizza op die kole…man, was dit nou vir jou lekker! ..gedink vandag sit die boer droë bek as dié spulletjie nou flop…
PAN PIZZA
Pizza topping van jou keuse
Tamatie en uiesmoor
Tamatiesous
Kaas
750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
3ml sout
60 ml botter
300 ml melk
50 ml olie
Sif droe bestanddele
Vryf die botter in
Sny olie en melk met slaplemmes in die meelmengsel totdat sagte deeg gevorm het
Spuit swartplaat of pizza pan wat jy op n vuur kan gebruik
Smeer deeg oor plaat
Ek het die swartplaat met koekplate bedek en bietjie kole bo-op gegooi om deeg eers gaar te kry
Smeer tamatiesous en tamatie en uiesmoor oor die deeg
Dan jou vulsel, net wat jy wil opsit
Ek het bacon, gerookte wors, salami en ham en uie gebraai
Twee kase bo-op en origanum, sout en peper oor
Ek het weer my koek plate bo-op gesit en kole opgegooi, paar min totdat kaas gesmel het
O ja, en meeste kole onder uitgekrap want die kors was al gaar, net nodig vir kole bo-op
RESEP EN FOTO: Frieda Greyling