

ELANA SE SEEKOS PAELLA
Braai die volgende saam:
1 rooi ui
1 groen soetrissie
1 rooi soetrissie
bietjie olyfolie
1 teelepel knoffel
Ekstra bestanddele:
paar stukkies salami (eintlik chorizo wors)
1 ½ teelepel borrie
2 teelepels paprika
1 ½ koppie rou rys
1 koppie witwyn
paar takkies vars tiemie
750 ml of meer as nodig hoenderstock
calamari ringe, seekosmengsel en shrimps
halfskulp mossels
sout en peper na smaak
vars gekapte pietersielie
suurlemoen wiggies
Voeg so paar stukkies salami (eintlik chorizo wors) maar kon nie kry en braai weer paar minute. Voeg die borrie en paprika by. Sit die rou rys by en roer deur. Giet die witwyn by en paar takkies vars tiemie en laat so minuut kook. Voeg daarna so 750 ml of meer as nodig hoenderstock stadig by en laat kook tot rys net net gaar is. Voeg die calamari ringe, seekosmengsel en shrimps by en vir paar minute laat kook tot sag is en heel laaste die halfskulp mossels. Kook nog paar minute tot mossels gaar is. Draai die plaat af en laat staan vir ruk om te rus. Geur met nog sout en peper. Strooi net voor opdiening vars gekapte pietersielie oor en suurlemoen wiggies.
Resep en foto: Elana Koch







geskuif