

ANNELIZLE SE SJOKOLADE KOEK
Resep en foto 1: Annelizle Botha
2 koppies suiker
6 eiers
1 teelepel vanilla
knippie sout
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
4 eetlepels hoogvol kakao
1 ½ koppie warm water
6 eetlepels olie
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Klits die eiers en suiker tot lig en romerig. Voeg die vanilla, sout en koekmeel by en meng goed deur.
Meng die kakao, warm water en olie saam, strooi die bakpoeier oor die kakao-mengsel en wag tot dit begin bruis.
Voeg die nat bestanddele by die meelmengsel en meng deur.
Verdeel die beslag in 2 voorafbereide koekpanne van 22 cm elk en bak in die voorverhitte vir 30 minute of tot die gaar toets met ‘n tandestokkie.
Keer die koeke uit op ‘n afkoel rakkie en laat heeltemal koud word.
Nota – Die koek is redelik klam en baie lig. Ek gebruik ekstra donker en bitter kakao. Heerlik.
Sjokolade versiersel:
3 koppies versiersuiker
1 koppie botter
150 ml melk
1 koppie kakao
Room botter en voeg die res van die bestanddele by. Klits deeglik tot lig en romerig. Versier die afgekoelde koek soos verkies.
Foto 2 en nota – Ronell Muller Boshoff – Ekt dit 2 x aangemaak, apart en ‘n dubbellaag koek gemaak.

Foto 3 – Frances Smith, ek het ‘n ½ resep aangemaak vir nie so groot koek nie







Geskuif na YRB 4/4/2022
Lynette van der Merwe
Ek het hierdie koek vandag vir my broer se verjaardag gebak. Dis regtig ‘n fantastiese resep, die resultaat is klam en veerlig! Dankie dat jy die resep gedeel het.