

ADRIAN SE GELAAIDE SPINASIE QUICHE
Kors: https://www.foodloversrecipes.com/…/boerewors-en-chickpea-q…/
Bestanddele vir vulsel:
300 g gaar spinasie
½ gekapte ui
1 blikkie tuna, gedreineer
½ koppie gekapte ham
250 g gekapte sampioene
1 koppie gaar hoenderstukkies (oorblywende hoender van die vorige dag)
2 geklitste eiers
1 koppie gerasperde kaas.
sout en peper na smaak
Maak die spinasie fyn in ‘n voedselverwerker en hou eenkant. Braai die uie, sampioene en ham saam tot die uie net begin sag raak en voeg die spinasie daarby. Haal van die hitte af en voeg die tuna, kaas, hoender en geklitste eier by. Geur met sout en peper en meng deeglik. Skep die mengsel in ‘n quiche vorm of bak wat met die deeg uitgevoer is en sprinkel bietjie kaas bo-oor . Om nie die orige deegstukkies te mors nie, is dit kruis en dwars in dun stroke oor die quiche gepak. Bak by 180ºC vir 30 minute.
Bron Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete







Geskuif