BOTTERSKORSIE-, WORTEL- EN SOETPATATSOP MET LEMOENSAP EN KLAPPERMELK
2 medium botterskorsies
2 soetpatats
4 groot wortels
1 medium ui
2 teelepels kerriepoeier*
3 teelepels gerasperde vars gemmer
500 ml vars lemoensap
500 ml hoenderaftreksel (2 blokkies saam met die water)
blikkie klappermelk
Braai gekapte uie in bietjie olyf olie
Meng die kerriepoeier en fyn gerasperde gemmer by en braai liggies vir 3 min (as dit lyk of dit gaan vassit onder voeg bietjie meer olie by).
Voeg al die groente wat in stukke gesny is by en roer deur die uiemengsel.
Giet lemoensap en hoenderaftreksel by en kook tot die groente sag of stoom vir 30 min.
Maak dit fyn met ‘n stick blender of plaas in vermenger.
Sit die blikkie klappermelk by en roer goed deur.
As die mengsel te dik lyk, voeg nog bietjie water by.
Bedien terwyl dit warm is. Jy kan dit garneer met stukkies gebraaide spek of gekrummelde feta kaas.
Ek bedien warm naan plat broodjies saam met dit.
Nota – Die kerriepoeier kan uitgelaat word, dit gee net ekstra geur en effens byt aan die sop.
Naan met komynsaad (Eng = cumin)
2.5 koppieskoekmeel
2 teelepels bakpoeier
125 ml lou warm water
125 ml olyf olie
1 teelepel sout
2 teelepels komynsaad (heel)
Sif meel, bakpoeier en sout en gooi komynsaad by, gooi olyf olie en water by en meng goed (ek gebruik sommer my deeghak op menger). Knie liggies vir ‘n minuut en deel deeg in ongeveer 8 gelyke hoeveelhede. Rol elke bolletjie uit in langwerpige vorm ongeveer 5 mm dik. Sit op ‘n gesmeerde bakplaat, sprinkel met olyf olie en growwe sout. Bak by 200°C vir 10 minute. Die naan bly lig van kleur bo maar die onderkante word lig goudbruin. Bedien met die onderkant na bo.
Ander opsie: Ek het dit gemaak presies soos my resep, vanaand net ekstra kerrie bygebraai for ‘n ekstra spicy geur.
Resep en foto: Elsabie Templeton
Geskuif
Done