

BOTTERSKORSIE, SPEK EN SPINASIE PASTA
2 pakke spek, opgesny
1 ui, gekerf
1 pak sampioene, opgesny
1 pak spinasie, of na smaak
botterskorsie, in blokkies en na smaak
sout, peper en origanum
1 liter room
Braai spek en gekerfde ui saam in bietjie botter. Voeg gesnyde sampoeine en hoeveelheid botterskorsies na smaak by.
Geur met bietjie sout, growwe swart peper en origanum. Voeg die room by.
Maak enige soort pasta gaar. As pasta gaar is, gooi opgesnyde spinasie in warm roomsous mengsel en gooi oor pasta. GENIET!
Resep en foto: Jolene Harding







geskuif
Elna Etasmus: Ek het vanaand hierdie pasta gereg van Jolene Harding gemaak, dit is voorwaar ‘n treffer. Jammer ek het nie ‘n foto geneem nie.