ANNETTE SE LASAGNE GESTOPTE KOOLKOP
Bestandele
Medium koolkop uitgehol en deksel gevorm
500 g maalvleis
1 med ui gekap
5 velle lasagne gehalveer en sag gekook
Sout
4 gekneusde knoffelhuisies
Peper
Maalvleis spesery na smaak
Koppie Kaas gerasper
Bisto poeier 3 teelepels
Koppie aangemaakte witsous
Metode:
Braai uie en maalvleis tot halfgaar, geur met smaakmiddels
Voer binnekant van kool met lagie saggekookte lasagne velle
Lagie maalvleis
Herhaal lagies en eindig met maalvleis
Plaas ringe wortels bo op en sit kool deksel op
Plaas in bak sakkie of foelie en bak in voor verhitte oond 180 grade C +- 2 ure of tot kool sag is as jy aan hom druk
Haal uit oond, verwyder sakkie of foelie.
Strooi kaas oor en druk terug in oond vir 15 min
Meng Bisto met koppie koue water en roer by pansappe in, kook goed deur en bedien apart as ‘n lekker sous.
6 ruim porsies
Voor en na foto
Smaaklik verby, kool is stroop soet.
O ja, ek het baksakkie ipv foelie gebruik
RESEP EN FOTOS; Annette Schutte