ANNETTE SE LASAGNE GESTOPTE KOOLKOP


ANNETTE SE LASAGNE GESTOPTE KOOLKOP
Resep en foto: Annette Schutte
FOOD LOVERS RECIPES
Medium koolkop uitgehol en deksel gevorm
500 g maalvleis
1 medium ui gekap
5 velle lasagne gehalveer en sag gekook
Sout
4 gekneusde knoffelhuisies
Peper
Maalvleis spesery na smaak
1 koppie kaas gerasper
3 eetlepels Bisto poeier
1 koppie aangemaakte witsous

Braai uie en maalvleis tot halfgaar, geur met smaakmiddels.
Voer binnekant van kool met lagie saggekookte lasagne velle.
Lagie maalvleis.
Herhaal lagies en eindig met maalvleis.
Plaas ringe wortels bo op en sit kool deksel op.
Plaas in bak sakkie of foelie en bak in voor verhitte oond 180 grade C +- 2 ure of tot kool sag is as jy aan hom druk.
Haal uit oond, verwyder sakkie of foelie.
Strooi kaas oor en druk terug in oond vir 15 min.
Meng Bisto met koppie koue water en roer by pansappe in, kook goed deur en bedien apart as ‘n lekker sous.
6 ruim porsies
Voor en na foto
Smaaklik verby, kool is stroop soet.
O ja, ek het baksakkie ipv foelie gebruik