

ANNET SE KARRINGMELK BESKUIT
6 koppies koekmeel
6 teelepels bakpoeier
1 koppie suiker
2 eiers
1 koppie botter gesmelt
1 teelepel sout
2 koppies karringmelk
Klits eiers en suiker.
Roer gesmelte botter by.
Sif en meng droë bestanddele by.
Druk vas op bakplaat.
Bak 35 min teen 180 ºC.
Laat afkoel, sny vingers en droog
Resep: Annet van Heerden






